Die groot ek is van toe en nou!
Toe God se volk nie verder kon,
Het Faro’s hordes aangekom
Om hul teen Rooisee vas te druk,
Het Hy die waters oopgeruk,
En kon hul droogvoets daardeur gaan,
Maar vyand het daarin vergaan.
En toe die waters bitter was,
maak God dit soet met hout sê as.
En manna soet is opgetel
om brood en voedsel daar te stel.
En waters uit die rots geslaan
om die woestyn se dors te taan.
En elke vyand is verslaan
wie teen hul het gekom te staan.
En selfs die waters van die stroom
het ophou vloei – op droë boom
kon hulle deur, na ander wal;
die hele volk, met Ark en al!
Die groot Ek Is van Moses tyd,
is nog dieselfde Heerlikheid
wie ons nou ken, in hierdie dag
is Hy die God van ons geslag.
Op Hom moet ons ons hoop bly hou!
Die Ek Is toe, bly Ek Is nou!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 20 Junie 1976